4 dae gelede
Rovers bo – vir eers
Sorry, bra! Clyde Simons (regs, Helenvale) wen die bal teen Wolves. Foto’s: Deon Ferreira  ~ 

FAIRVIEW Rovers hou net-net vas aan hulle voorsprong in die North­ern Areas Football Association (Nafa) se Premierliga.

Dít nadat Rovers ’n kans deur sy vingers laat glip het om druk op die ander spanne te plaas deur met 0-0 gelykop te speel met Celtic.

Gelukkig vir Rovers het Si­banye, wat in tweede plek is, ook weer gesukkel.

Laasgenoemde het met 1-1 gelykop gespeel teen West Lake.

Rovers en Sibanye moet egter nou pasop vir Helenvale en Park United, want dié is op hulle hakke.

Helenvale het die naweek ’n goeie oorwinning behaal. Hy het moedig teruggeveg teen Wolves om met 3-2 te seëvier.

Helenvale moes sy wendoel met net 10 spelers aanteken.

Dis omdat een van hulle vroeg in die wedstryd ’n rooi kaart gewys is.

Die uitslag plaas Helenvale ná 21 wedstryde net een punt agter die voorlopers, Rovers.

Helenvale se breier, Eldridge Matsimella, is vol lof vir sy spelers se terugveg­poging.

Matsimella sê: “Met net 10 spelers het ons karakter gewys om te wen. Dit wys jou net wat harde werk kan doen.”

Hy meen met net nege wedstryde oor raak die liga nou baie opwindend.

Matsimella sê die topvyf- spanne moet nog teen mekaar speel en min skei hulle van mekaar.

  • Nafa-uitslae:

Wolves 2, Helenvale 3; Sibanye 1, West Lake 1; Blackpool 1, Park United 1; Glenville 2, Shamrocks 0; Fairview Rovers 0, Celtic 0; Hotspurs 1, Ramblers 2; Celtic 3, Ramblers 0; Stardrift 1, Lads 2; West Lake 0, Hotspurs 2; Bloom Callies t Stardrift – uitgestel; Lads t Fairdene – uitgestel.

Nafa Premierliga bepalings:

Celtic t Fairdene –FAIRVIEW 3 – 13:30; Ramblers t Glenville – FAIRVIEW 3 -15:15; Bloom Callies t Hotspurs – FAIRVIEW 2 – 11:45; Sibanye t Shamrocks – FAIRVIEW 2 – 13:30; Wolves t Fairview Rovers – FAIRVIEW 2 -15:15; Park United t West Lake – FAIRVIEW 1 – 11:45; Blackpool t Stardrift – FAIRVIEW 1- 13:30; Las t Helenvale – FAIRVIEW 1 – 15:15.

Nafa Eerste Liga bepalings:

Saterdag:

Bloem Stars t Saints – GELVAN 2; Apex United t Ranges – FINNIS 1; East Side t Ebenezer – MAROCKWEG; Bay City t Booysen Prides – BAY CITY; Bloemendal United t Windvogel All Stars – FINNIS 2; Swallows t Chatty – GELVAN 1;

Sondag:

Ebenezer t Bay City – GELVAN 1; Saints t Windvogel All Stars – SAINTS. (Alle wedstryde 15:15)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters