2 dae gelede
Roux skrik nie vir Nebe
SWEET: Juan Roux takel die slaansak.  ~ Verskaf

DIE Kaapse swaargewigbokser Juan Roux sê hy is nie bang vir die aggressiewe Wilhelm Nebe uit Alan Toweel se stal nie.

Toweel beplan glo om Roux uit te daag.

Roux is ná drie beroeps­gevegte onoorwonne, terwyl Nebe sy vier kragmetings ook almal maklik gewen het.

Nadeel

“Ek skrik vir niemand in Suid-Afrika nie – ook nie vir Nebe nie,” sê Roux aan Son.

Die enigste nadeel waarmee Roux in die kryt sal klim, is dat hy “nie ’n wafferse” beroepsloopbaan gehad het nie.

Daarteenoor was Nebe Suid-Afrika se swaargewig-amateurkampioen.

Kevin Lerena het egter gewys dit behoort nie noodwendig ’n nadeel te wees nie, want hy het die wêreldkampioen geword sonder om as amateur te boks.

Toe Tian Fick, die SA swaargewigkam­pioen, om kommentaar genader is, het hy gesê: “Ek ken nie regtig vir Nebe nie, maar ja, ek het met Juan gespar.

“Hy het my help prep laas jaar. Ek weet wel Juan is baie capable.

“Hy is baie aggressief in die kryt, kan ’n hou vat en hy sit sy houe baie mooi bymekaar. Juan is ’n baie goeie prospect in die heavyweight division wat miskien ook eendag die belt gaan hoog dra,” meen hy.

  • Fick se internasionale debuut Sondag in Oekraïne teen Andriy Rudenko is vir ’n paar weke uitgestel. Dit kom nadat Rudenko positief getoets is vir Covid-19.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters