13 dae gelede
Rodgers happy by Leicester
LEICESTER, ENGLAND - DECEMBER 01: Brendan Rodgers,
Brendan Rodgers  ~ Getty Images

ARSENAL sal £14 miljoen aan Leicester City moet betaal as hy Brendan Rodgers as manager wil afvat. 

Rodgers en sy Leicester City-span is tans in die sewende hemel wat hul veldtog in die Engelse Premierliga betref. 

Die Foxes het Sondag hul sesde wedstryd agtereenvolgende gewen deur Everton met 2-1 te klop. 

Rodgers se span het sodoende ook weer vasgeklou aan 'n tweede plek op die Premierliga-punteleer - 8 punte minder as die voorloper en gunsteling vir die 2019/'20-seisoen se titel, Liverpool.

Maar Rodgers moes meer vrae ná die game trotseer oor die moontlikheid dat hy die Foxes vir die Gunners kan los. 

Arsenal is nog sonder 'n permanente manager nadat Unai Emery Vrydag afgedank is. Freddie Ljunberg tree tans as manager vir die Londense klub op. 

Rodgers het in sy press conference onthul dat hy 'n release clause in sy kontrak met Leicester het, maar dat hy doodgelukkig is om in sy huidige pos aan te bly. 

Op die oomblik gaan dit vir my oor ons briljante wen. My fokus is op Leicester, want ek het net sowat ag of nege maande gelede van werkgewer verander. Ek is baie gelukkig sedert ek hierna gekom het. 

"Ek voel vir die speler en ons het nog baie werk om te doen. DIe meeste managers se kontrakte sal iets (release clasue) het, maar vir my is my volle konsentrasie met Leicester. 

"Ek is bevoorreg om in my loopbaan vir so paar briljante klubs te kon werk. Dit was my ambisie om hierna te kom en die klub tot 'n plek in die top-6 te lei."

 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters