5 maande gelede
Roberts van Donderdag ’n Stormer
Jamie Roberts  ~ Getty Images

JAMIE Roberts gaan hom Donderdag by die Stormers aansluit.

John Dobson, breier, het laas week aan Son gesê hy makeer ’n binnesenter met internasionale ervaring om die diepte in die Kaapse franchise se middelveld te versterk.

Met die Springbok Damian de Allende wat nou vir die Panasonic Wild Knights in Japan speel en Dan du Plessis wat op die krukkelys is, het die Stormers nie baie diepte nie.

Veral die situasie op binnesenter lyk maar oes.

Die 33-jarige senter spog met 94 toetse vir Wallis. Hy het ook die Britse en Ierse Leeus met groot welslae verteenwoordig.

Hy het dus die nodige ervaring wat Dobson soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters