Verlede maand
Ricky: Keer tog Mike se
RICKY HaTTONFoto: GETTY IMAGES  ~ 

MOENIE Mike Tyson weer in die kryt toelaat nie!

Dís die pleidooi van die voormalige bokskampioen Ricky Hatton, wat sê hy wil maar net keer dat sy held seerkry.

“Om op 54-jarige ouderdom weer te wil boks is geensins ’n goeie plan nie.

“Ons moet Tyson red. Regtig, ons kan nie toelaat dat hy weer boks nie.

“Tyson kan ernstig beseer word en ek wil nooit sien dat enige van my helde seerkry nie,” het die Hatton aan Daily Mail gesê.

Tyson lyk sterk, fiks en in goeie shape terwyl hy dele van sy oefensessies op YouTube wys waar hy skermmaats en slaansakke laat deurloop.

Gym

Dié indrukwekkende vertonings deur Tyson gaan egter nie Hatton van denkwyse laat verander nie.

Hy besef maar al te goed dat om in die gym goed te lyk en in die kryt goed te lyk is nie dieselfde nie.

Tyson het in 2005 sy handskoene opgehang en om ná ’n afwesigheid van 15 jaar weer tot die sport toe te tree, laat sommige kenners sidder.

“Ja, Tyson lyk fantasties in die gym, maar die feit bly staan dat hy ouer as 50 jaar is,” sê Hatton.

Dis egter geen uitgemaakte saak dat Tyson van sy plan sal afsien nie.

Hy het nog altyd in sy eie vermoëns geglo.

En boonop oefen hy baie hard.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters