10 dae gelede
Rhule wil speel met die bestes
Raymond Rhule Foto: gallo images  ~ 

RAYMOND Rhule mik na ’n groot jaar.

Hy sê hy het na die Stormers geskuif omdat hy vir een van die beste Superrugby-spanne teen die beste spanne in die wêreld wil speel.

Rhule, die Stormers se nuwe vleuel-aanwins van die Cheetahs, het gister in ’n onderhoud by die Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville gepraat. Die 25-jarige boorling van Accra, Ghana, het 52 wedstryde vir die Cheetahs gespeel en laas jaar in 7 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf.

Hy sê: “Ek is met ope arms hier in die Kaap verwelkom. Ek dink dit is ’n great groep spelers. Dit is ’n ongelooflike omgewing om in te speel. Dit is baie professioneel. Ek is nog besig om my voete te vind in die span, maar tot dusver verloop alles goed.”

Die spoedvraat sê die fokus by die Stormers is hoe om die beste uit die mense te kry wat hulle tot hul beskikking het.

“Die positiewe aspek daarvan is dat die wedstrydplan voortvloei uit die spelers se vermoëns.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters