2 maande gelede
Rhode wil NFD-speel
ervare: Die voormalige Chippa United striker Robin Rhode. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

VIR die tweede agtereenvolgende seisoen gaan Steenberg United probeer om vir die Na­sionale Eerste Liga te kwalifiseer.

Dis nadat Mike Lukhubeni (afrigter) se Steenberg-span Safa Wes-Kaap se ABC Motsepe Tweede Liga provinsiale kampioenskap gewen het.

Maksimum

Steenberg (69 punte) was by ’n two-horse race betrokke met The Magic, wat met 67 punte as naaswenner uitgetree het.

Steenberg het Saterdag op sy tuisveld in Guguletu (NY 49-sportveld) maksimum punte ingesamel toe hy die voorlaaste span, Ocean View FC, met 6-0 verneder het.

Met dit in gedagte het die Steenberg-span met 69 ligapunte ná 30 wedstryde voor in die wedloop geëindig.

Ryan Collen (2), Lyle Adams, Robin Rhode, Valentino Fredericks en Athini Jodwana het almal hulle name op die doele-kolom geregistreer.

Die Magicians het op hulle beurt ’n naelskraapse oorwinning van 1-0 oor Batalian behaal – dit op sy tuisveld in Pinelands.

Intussen moet Safa nog die datums vir die week ­lange play-offs bepaal.

Steenberg se doelevraat, die ervare Rhode, wat voorheen vir Chippa United in die Premierliga gespeel het, sê hulle is desperaat om promosie tot die NFD te wen.

Rhode se doelvernuf is ook een van die redes waarom Steenberg só klinies vertoon het voor die doelhok.

“Dit baat nie ons wen nou die Wes-Kaapse liga twee keer ná mekaar en het tot dusver niks bewys nie,” het die doel­koning Rhode afgesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters