6 dae gelede
Rey: Was dit aspris?
DIE SKULDIGE: Seth Rollins is vir Rey Mysterio se besering verantwoordelik. By hom is sy swanger verloofde, Becky Lynch.  ~ Getty Images

DIT was skynbaar ’n opdrag van die WWE dat die gewilde rofstoeier Rey Mysterio se oog ernstig beseer moes word.

Dít is die afleiding wat gemaak word omdat Mysterio nog nie ’n nuwe kontrak met die wêreldliggaam aangegaan het nie.

Sy kontrak verval in September.

Daar word gefluister Mysterio moes seergemaak word omdat die WWE verwag dat hy na die opposisie gaan oorstap.

Mysterio is verlede week tydens Monday Night Raw ernstig beseer toe Seth Rollins sy regteroog teen die skerp hoek van ’n staaltrap ingestamp het.

Die WWE het sedertdien nog geen terugvoer vir Mysterio se fans gegee nie, ondanks ’n belofte dat dit reeds Maandagoggend gedoen sou gewees het.

SEScoops berig dit was opmerklik dat Mysterio opsetlik seergemaak is “om hom van die TV af te kry mits hy sou besluit om sy rug op die WWE te draai”.

Daar word gesê Mysterio se huidige kontrak is vir ’n “hoë bedrag” en dis onwaarskynlik dat hy in die huidige ekonomie dieselfde geld sal kry.

Mysterio het in Desember 2018 ’n kontrak van 18 maande onderteken en die tyd loop nou vinnig uit om dit te hernu.

in die sosiale media laat hoor BigBDSway: “Ek hoop Mysterio bedank, maar ek sal hom graag steeds in aksie wil sien.”

Ene 7962 skryf: “Dis tyd vir Mysterio om te gaan. Hy is verouderd, te klein en kry te maklik seer. As hy teen cruiser weights baklei, sal ek dalk beter voel oor hom.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters