6 dae gelede
‘Reus’ in Kolbe se visier
Cheslin Kolbe
Cheslin Kolbe  ~ Foto’s: gallo images

DIE rugbywêreld gaan dié naweek uitvind of Duhan van der Merwe nou regtig so goed is soos almal dink.

Dít wanneer dié voormalige Suid-Afrikaner op linkervleuel vir die Britse en Ierse Leeus teen Suid-Afrika se Cheslin Kolbe te staan kom.

Die Springbokke en Leeus pak mekaar Saterdag in die eerste van drie toetse in die Kaapstad-stadion. Die tweede en derde toets in dié reeks word ook in die Kaap beslis. SA Rugby het Dinsdag dié verandering aan die skedule bevestig.

Warren Gatland (coach) het gister sy Leeus-span vir die eerste toets aangekondig, met Van der Merwe wat sy toetsdebuut vir die Leeus sal maak. Alun Wyn Jones is ook op slot gekies om soos oorspronklik verwag die Leeus te lei – hy het genoegsaam van ’n skouerbesering herstel.

Oor Jones het Gatland gesê: “Hy het briljant herstel. Daar was ’n groot gesprek oor of hy moet begin of van die bank moet speel, maar toe ons besluit het om (Ali) Price op nege te kies, het ons geweet ons gaan sy ervaring en leierskap nodig kry.”

Die aandag sal egter op die tweestryd tussen Kolbe en Van der Merwe wees.

Daar is in die week gepraat oor hoe die Leeus Kolbe se lakwerk onder druk gaan plaas. Van der Merwe is ’n groot seun en het in toerwedstryde gewys hy word moeilik gekeer. Maar Kolbe staan nie terug vir groot manne nie – vra net die All Black Rieko Ioane.

Die vraag moet eerder wees of Van der Merwe wakker genoeg is vir Kolbe se vinnige voete.

SPRINGBOKKE: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Kwagga Smith, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Eben Etzebeth, Trevor Nyakane, Bongi Mbonambi, Ox Nché. BANK: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Lood de Jager, Rynhardt Elstadt, Herschel Jantjies, Elton Jantjies, Damian Willemse.

LEEUS: Stuart Hogg, Anthony Watson, Elliot Daly, Robbie Henshaw, Duhan van der Merwe, Dan Biggar, Ali Price, Jack Conan, Tom Curry, Courtney Lawes, Alun Wyn Jones (k), Maro Itoje, Tadhg Furlong, Luke Cowan-Dickie, Wyn Jones. BANK: Ken Owens, Rory Sutherland, Kyle Sinckler, Tadhg Beirne, Hamish Watson, Conor Murray, Owen Farrell, Liam Williams.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters