8 dae gelede
‘Reserwes’ kry kans
talent: Lizaad Wil­liams word dalk ingespan. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

MARK Boucher, hoofafrigter van die Proteas, sal waarskynlik probeer om vandag speelkans te gee aan diegene wat tot dusver bloot passasiers op die toer na Sri Lanka was.

As dit die geval is, kan Lizaad Williams en Beuran Hendricks maar die stof van hul boulskoene afvee en gereed maak vir aksie.

Die duo het tot dusver op die toer glad nie speelkans gekry nie. Met die reeks nou reeds in die sakkie, sal dit bykans onmenslik van Boucher wees om hulle nie te kies nie.

Die lewe in bio-borrels is reeds uitdagend soos dit is, maar om boonop vir weke aaneen nié te speel nie, kan erg met ’n mens se geestestoestand mors.

Williams en Hendricks is albei naatboulers, met toestande in Sri Lanka wat die draaibalboulers goedgesind is. Kagiso Rabada en Anrich Nort­jé is die span se voorkeur naatboulers, terwyl die draai-aanval, bestaande uit Tabraiz Shamsi, Keshav Maharaj, Bjorn Fortuin en Aiden Markram tot dusver in die reeks baie sukses behaal het.

’n Ander snelbouler, Sisanda Magala, is ook in die groep vir die T20-been van die toer en kan ook in aanmerking kom.

Weke

Boonop is daar tans nie eens plek in die span vir die veelsydige linksdraaier George Linde nie. Hy is ook laas week uit Suid-Afrika se T20-Wêreldbeker-groep gelaat – tot groot skok van die krieketondersteuners.

Met die World Cup nou net sowat vyf weke weg, en met toestande wat nie die snelboulers bevoordeel nie, is dit te betwyfel of Boucher willens en wetens aan sy huidige wenspan gaan verander.

Breier Boucher se span verdien vermelding dat hy die reeks reeds beklink het, ondanks ál die negatiwiteit tans rondom krieket in die land. Hulle kan vandag ’n verdere tree in die regte rigting gee as hulle skoonskip maak en die reeks met 3-0 wen.

  • s
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters