8 maande gelede
Renault is gretig om te verbeter
R.S.18 Foto: gallo images  ~ 

RENAULT wil voortbou op verlede jaar se sesde plek in die Formule Een­kampioen­skapsbyeenkoms vir constructors.

Dit volg nadat hy sy nuwe motor, die R.S.18, Dinsdag voor die 2018-seisoen bekend gestel het.

Die Franse vervaardiger berei tans voor vir sy derde veldtog nadat hy in 2016 voltyds teruggekeer het tot die sport. Hy sal weer op Nico Hülkenberg en Carlos Sainz jr. reken om die span vorentoe te neem.

“Die motor toon vordering op en is ’n verfyning van die konsepte wat in die 2017-seisoen ontwikkel is.

“Dit sluit ’n verbeterde veringskonsep en groter aërodinamiese afwerking in,” sê Renault in ’n verklaring.

Die nuutste model, wat weer die swart-en-geel kleurskema het, bevat die verpligte kajuithalo wat hierdie seisoen ingebring is om die bestuurders te beskerm. BBC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters