3 maande gelede
Relegasie dreig Spurs, Steenberg
GEFOKUS: Lesvin Stoffels (links) van Steenberg probeer Cape Town Spurs se Junior Sibande uitoorlê.  ~ Backpagepix

DIE geveg om oorlewing vir die Kaapse Eerste Liga-spanne soos Cape Town Spurs en Steenberg United gaan beslis down to the wire wees.

Dít omdat Steenberg en Spurs, wat die naweek met 1-1 in ’n Kaapse derby gelykop gespeel het, teen die halfpadmerk steeds onderaan die punteleer is.

Steenberg, wat 14 punte het ná 16 wedstryde, beklee die 14de posisie, terwyl Spurs, wat ook 14 punte het, maar een wedstryd minder gespeel het, die 15de posisie beklee.

Uitdagend

Die debutant, Bizana Pondo Chiefs, is laaste met net 13 punte ná 15 wedstryde.

Boonop is die tweede helfte van die seisoen ook meer uitdagend, met desperaatheid wat inkruip in spanne.

Intussen het Cape Umoya United, wat 12de is, homself lelik in die voet geskiet. Dít toe hy met 0-2 op sy Parowpark-tuisveld vasgeval het.

Dit verleng Umoya se segelose lopie tot ’n kommerwekkende nege stryde in alle kompetisies. Nie eens die klub se voorgangers soos Maahier Davids en Dominic Isaacs het só lank sonder ’n sege gegaan nie.

Wat Cape Town All Stars betref, vertoon die span ietwat bo verwagting.

Igugu Lekapa, soos Stars genoem word, het verras toe hy een van die aanspraakmakers, JDR Stars, met 2-1 in die Soshanguve-stadion getroef het.

Dit is Stars se vyfde sege uit sy vorige ses wedstryde in alle kompetisies.

Die agtste geplaaste Stars is sewe punte agter die voorloper, Richards Bay.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters