Verlede maand
Rekord in Ole se sig
OLE GUNNAR SOLSKJAER Foto: GETTY IMAGES  ~ 

OLE Gunnar Solskjaer, manager van Manchester United, kan dalk ’n 27 jaar oue rekord by sy klub breek.

Die Red Devils het hul vorige vier wedstryde met ’n doeleverskil van plus drie gewen, en met dieselfde 11 spelers.

Dit lyk asof die Noorweër nie juis ’n keuse het as om weer dieselfde spelers in te span vir vandag se stryd teen South­ampton op Old Trafford nie.

United se legendariese manager, sir Alex Ferguson, was die laaste bestuurder wat dieselfde line-up vyf keer agtereenvolgens behou het in 1993.

Oorweeg

Solskjaer gee sy indrukke oor die moontlikheid van dié prestasie.

“Daar is só baie dinge wat jy moet oorweeg wanneer jy ’n span manage. Ons het spelers in die groep wat gretig is om te speel.

“Maar jy het ook spelers wat ritme het en aanhoudend goed vertoon. Dit beteken daar is natuurlik minder werk op die oefenveld vir jou as manager.

“Aan die ander kant is daar baie besluite wat gemaak moet word. Maar hulle maak dit makliker deur goed te speel en te vertoon.

“Ons het nie baie beserings nie. So, wanneer jy goed doen, is daar geen rede om te veel te verander nie,” aldus Solskjaer. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters