8 dae gelede
Reds soek Brumbies se bloed
Jordan Petaia
Jordan Petaia  ~ Getty Images

DIE Reds gaan Saterdag alles in die stryd werp om die Brumbies se onoorwonne rekord in vanjaar se Superrugby AU-kompetisie (afskop om 11:05 SA tyd) in Canberra tot ’n einde te bring.

Brad Thorn, coach van die Reds, het drie veranderinge aan sy begin XV-tal aangebring. Thorn het ook die hoogaangeskrewe agterspeler Jordan Petaia, wat terug is van ’n besering, op die bank aangewys.

In die enigste verandering aan die agterlyn vervang Scott Malolua vir Tate McDermott op skrumskakel.

Angus Blyth is terug in die enjinkamer in die nr. 4-slot-posisie. Dit beteken dat Angus Scott-Young terugkeer na die flank, waar hy by Fraser McReight oorneem.  Dane Zander kry kans in die plek van die loskopstut Harry Hoopert.

Intussen het die Brumbies net een verandering aan hul span aangebring.  Darcy Swain gaan op slot in die plek van Murray Douglas in die nr.4-trui begin.

Die spanne is:

REDS - Jock Campbell, Chris Feauai-Sautia, Hunter Paisami, Hamish Stewart, Filipo Daugunu, James O'Connor, Scott Malolua, Harry Wilson, Liam Wright (k),Angus Scott-Young , Lukhan Salakaia-Loto, Angus Blyth, Taniela Tupou, Brandon Paenga-Amosa, Dane Zander. BANK: Alex Mafi, Feao Fotuaika, Jack Straker, Ryan Smith, Fraser McReight, Tate McDermott, Bryce Hegarty, Jordan Petaia.

BRUMBIES- Tom Banks, Solomone Kata, Tevita Kuridrani, Irae Simone, Tom Wright, Bayley Kuenzie, Joe Powell, Pete Samu, Will Miller, Rob Valetini, Nick Frost, Darcy Swain, Allan Alaalatoa (k), Folau Fainga'a, Scott Sio. BANK: Connal McInerney, James Slipper, Tom Ross, Tom Cusack, Lachlan McCaffrey, Issak Fines, Mack Hansen, Andy Muirhead.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters