2 maande gelede
Reds bo, United vierde
Mo Salah was vandag weer in die kol  ~ gallo images

LIVERPOOL het vandag sy eerste plek op die punteleer van die Premierliga teruggeneem deur Bournemouth 3-0 op Anfield te klop.

Sadio Mane, Georginio Wijnaldum en Mo Salah was in die kol vir die Reds.

Die Reds is nou drie punte bo Manchester City wat more teen Chelsea te staan kom.

Intussen duur Manchester United se goeie vorm onder Ole Gunnar Solskjaer voort.

Twee doele deur die Fransman Paul Pogba en een deur sy landgenoot Anthony Martial het die Red Devils tot 'n 3-0 oorwinning oor Fulham gelei.

Manchester United is nou in die belangrike vierde plek, een bo Chelsea.

Hulle sal hoop dat hul bure, Manchester City, hulle more 'n guns doen deur die Blues te wen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters