Verlede maand
Real is room van Champions League
HELD: Ferland Mendy (in wit) was die verskil teen Atalanta in Rome.  ~ Getty Images

REAL Madrid het die eerste span geword wat 100 uitklop-wedstryde van die Champions League gespeel het met 50 en meer seges agter die rug

Los Blancos het hul 52ste sege behaal toe hulle die span van Atalanta Woensdag in Rome naelskraap met 1-0 geklop het.

Ferland Mendy was Real se onverwagse held wat aan Zinedine Zidane (manager) se span in die eerste van twee bene in die kompetisie ’n voorsprong besorg het.

Dit is nou 25 jaar sedert Raúl González die Merengues ’n noue sege in die eerste been oor die uiteindelike titelwenners, Juventus, help behaal het.

Dit was Real se eerste uitstappie in die uitkloprondes sedert die kompe­tisie se formaat verander is.

Merk

Die 13-malige Europese kampioen het in al sy vorige 25 Champions League-veldtogte verby die groepfase gevorder – ’n unieke prestasie.

Hy is ook die eerste (en tot dusver enigste) span wat 50 uitklop-seges behaal en verbygesteek het.

Bayern Munich, die verdedigende kampioen, is egter een sege weg van dié merk nadat hy Lazio met 4-1 kafgedraf het in die eerste been van die ronde van die laaste 16 spanne.

Barcelona (48 seges van 96 wedstryde), Manchester United (29 van 68) en Juventus (27 van 67) voltooi die top-vyf. Liverpool is agtste met 24 seges van 45 wedstryde in dié gesogte klubkompetisie. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters