Verlede maand
‘Rassisme’ by Chippa
uit... Chippa United het Dan Malesela wéér afgedank.Foto’s: gallo images  ~ 

CHIPPA United het Dan Malesela in die pad gesteek oor hy swart is.

So beweer ’n betroubare bron na aan die klub.

Die klub het bevestig Eric Tinkler is as die nuwe breier aangestel.

Malesela het aan Son gesê hy het die afdankingsbrief laat Dinsdagaand ontvang.

Hy sê hy is gefire oor die span se swak uitslae en dat hy sleg voel oor die afdanking.

Son se bron hou egter vol Malesela is sy pos kwyt weens rassisme.

Dié sê: “Sekere­ mense in die klub sê die voorsitter (Chippa Mpengesi) voor.

“Hulle het baie seggenskap in die klub. Dié keer was dit nie Mpengesi wat die panic button gedruk het nie.”

Die bron sê sekere afrigters word nie die vryheid gebied om hulle werk op hulle manier te doen nie.

“Dis asof sekere breiers nie vertrou word nie. Daar steek rassisme daaragter.”

Nes verlede seisoen was Malesela net vir drie wedstryde die afrigter voordat hy gepos is.

Hy het toe ’n oorwinning, nederlaag en gelykop uitslag behaal voordat hy skielik in die pad gesteek is.

Dié keer het hy twee agtereenvolgende nederlae gely en ’n gelykop uitslag behaal.

Malesela sê hy wou die klub graag verbeter en laat presteer, maar dat hy nie genoeg tyd daarvoor gebied is nie.

Hy meen: “Niemand sal sê die span het swak gespeel in ons eerste drie wedstryde nie.

“Ja, ons het nie gewen nie, maar ons het nie swak gespeel nie. Ek glo ’n oorwinning was net om die draai.”

In ’n verklaring bedank die klub Malesela vir sy diens en maak hy ook bekend dat Tinkler reeds aangestel is.

Die bedryfsbeampte van Chippa, Lukhanyo Mzinzi, wou nie kommentaar lewer oor die bewering van rassisme nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters