10 dae gelede
Rantie nou weer ’n Brazilian
Tokelo Rantie Foto: GALLO IMAGES  ~ 

MAMELODI Sundowns het gister bevestig hulle het die dienste van Tokelo Rantie vir die volgende drie jaar opgeraap.

Die voormalige Bafana-speler was ’n totale flop by Cape Town City en het nie ’n enkele minuut gespeel nie.

Rantie, wat vir Bournemouth uitgedraf het, het twee seisoene laas ’n bal in ’n match geskop.

Die Brazilians het gister bevestig hulle het die 29-jarige striker se dienste permanent bekom.

Die verwagting is dat Sundowns se coach, Pitso Mosimane, Rantie gaan help om sy loopbaan weer op koers te kry. Dis makliker gesê as gedaan, maar als van die beste.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters