11 dae gelede
Rangers wys staal
KAAPSE TROTS: FN Rangers se fokus is nou op die ABC Motsepe Tweede Liga nadat hulle promosie gewen het. FOTO VERSKAF  ~ 

VERGEET vir eers van die uitdagings – veral vir Kaapse spanne – wat gepaard gaan met die jaarlikse Wes-Kaapse provinsiale play-offs.

FN Rangers, die Derde Liga-kampioen wat die Wes-Kaap verteenwoordig het in die provinsiale play-offs in George, moes nog voordat hulle ’n bal geskop het, uitdagings van hul eie oorbrug.

Arreshaat Daniels (afrigter) se kampioenspan het nog voordat hulle die Kaap verlaat het, groot uitdagings gehad om te oorkom.

“Bru, ons sou ’n bus van Safa ontvang het, maar toe hoor ons dit gaan nie gebeur nie,” het Daniels gesê.

“Ons was totaal verstom en terselfdertyd bekommerd. Ons kon nie verstaan nie. Ons is ingelig die bus wat ons moes kom optel het, was agterstallig met spoedoortredings.

“Gelukkig het ’n goeie Samaritaan ons ’n life line gegee en ons was toe op pad.” Wat betref sake op die veld was Rangers kop en skouers bo hul teenstanders deur onoorwonne uit die play-offs te tree.

Rangers het in hul eerste wedstryd die Batalions met 1-0 geklop. Die span van Maitland het Eastern City in sy tweede wedstryd met 4-1 gehamer.

In die derde stryd was Danny Molapo die held toe hy albei doele gekry het in ’n sege van 2-1 oor Morning Stars. Vredendal is daarna met 7-0 kafgedraf.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters