2 maande gelede
Rangers glo nog
los my: Lehnrho Julies probeer hom losruk uit die greep van ’n speler van Rangers. INLAS: Aubrey Matthys, afrigter van Safcol. Foto’s: Mark Ward  ~ 

LIONEL Cornelius, afrigter van Bredasdorp Rangers, glo sy span kan nog die top-12 van Boland-klubrugby se Groot Uitdaagbeker haal.

Dít nadat Rangers Saterdag op die Bredasdorp-sportterrein met 5-11 teen Safcol vasgeval het.

Dié Groot Uitdaagbeker-wedstryd in Boland se Overberg-streek het vir groot opwinding en drama gesorg.

Gemoedere het al in die eerste helfte hoog geloop toe die skeidsregter, Vivian Adams, Safcol se haker, George Miles, met ’n rooi kaart van die veld gestuur het.

Maar die tuisspan kon nie munt slaan daaruit nie.

Cornelius is natuurlik teleur­gesteld, maar hy glo sy span kan nog die uitspeelronde haal.

Verbeter

En oor die performance in die wedstryd? “Te veel hanteerfoute. Dit was dieselfde probleem in ons vorige wedstryde. Ons speel oor twee weke teen Atlantics. Ons sal vyf punte daar moet kry.”

Al het Safcol gewen, is sy kans om die top-12 te haal, reeds daarmee heen.

Aubrey Matthys, breier van Safcol, sê hy is net bly hulle het op hulle nederlaag in die eerste ronde verbeter.

“Dit was nie ’n mooi wedstryd nie omdat ons net nie ons ritme kon vind nie.”

Foto:
Foto:
vat so: Jason Beukes, Safcol-skrumskakel, laat sy lyn loop. INLAS: Lionel Cornelius, afrigter van Rangers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters