8 dae gelede
Pumas te goed vir sukkelende Griekwas
devon williams
Devon Williams van die Pumas sool die bal oor die kantlyn. FOTO: Louis Botha/Griquas Rugby Union/Gallo Images  ~ 

DIE Pumas het hul eerste wen in Superrugby Unlocked agter die rug nadat hulle Griekwas met 27-11 in Kimberley geklop het.

Teen rustyd het die Pumas met 17-11 voorgeloop. Hulle het verskeie aspekte van die spel oorheers om dié voorsprong te geniet.

Die besoekers het die Griekwas groot probleme in die lynstane veroorsaak en in die skrums ook groot druk toegepas. Dit het beteken die Griekwas kon nie regtig hul kenmerkende aanvaal op die voorvoet kry nie, met haastige manne soos Anthony Volmink en James Verity-Amm wat heeltyd verdedigers bo op hulle gehad wanneer hulle besit gekry het.

Dan was die verdediging van die span uit Mbombela ook rotsvas, hoewel Griekwas voor rustyd uiteindelik die doellyn oorgesteek het.

Dit het met die drie voor rustyd gelyk asof Griekwas ’n houvas op die wedstryd sou kry, maar die probleme in die lynstane het voortgeduur.

puntemakers

GRIEKWAS - drieë: Victor Sekekete, Adre Smith; doelskop: George Whitehead; strafdoele: Whitehead (3)

PUMAS - drieë: Ginter Smuts, Etienne Taljaard, Devon Williams; doelskoppe: Eddie Fouche (3); strafdoele: Fouche (2)



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters