5 maande gelede
Pumas kry nuwe hoof
Rugby
Marius van Rensburg  ~ verskaf

DIE Mpumalanga Rugbyunie en Mpumalanga Rugby (Edms.) Bpk. het Dinsdag vir Marius van Rensburg aangestel as die hoof uitvoerende beampte van sy amateur- en sakevleuel.

Jimmy Stonehouse, die Pumas se direkteur van rugb het oor Van Rensburg se aanstelling gesê: “Marius het homself oor die jare bewys as ’n rugbyman wat lojaal, kundig en vaardig, kalm, beslissend en vasberade kan wees as die geleentheid dit vereis. Hy is gebore met ’n rugbybal in sy hande, het sy rugby geleer in die moeilike SWD-skole- en klubomgewing en strukture as speler en afrigter voor hy by SWD Rugby aangesluit het as spanbestuurder. “Ek het hom daar ontmoet en was gelukkig in staat om hom te lok om in Januarie 2008 by die Pumas aan te sluit. Ons kan eerlik sê dat die Pumas gebou is rondom die stabiele rots Marius. Sy aandag aan detail en sy geduld met spelers en bestuur, insluitend myself het daartoe gelei dat alle spelers tuis voel en dat die Pumas-familie se waardes uitgeleef word.”

Op sy beurt het Van Rensburg gesê: “Ek bedank die raad en die Presidentsraad dat hulle in my glo.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters