Verlede maand
Pukki is ’n doelemasjien
Teemu Pukki Foto: getty images  ~ 

TEEMU Pukki het die Premierliga- nuweling Norwich City se eerste hat trick in 26 jaar behaal.

Dit was in Norwich se sege van 3-1 oor New­castle op Carrow Road.

Die driekuns van die boorling van Finland op sy span se tuisveld is die eerste sedert Efan Ekoku dié prestasie in September 1993 behaal het.

Ekoku het vier doele op Goodison Park aangeteken teen Everton. Hy is die eerste speler wat dít reggekry het.

Pukki is ook die eerste speler van Norwich wat nou in sy span se eerste twee wedstryde van die Premier­liga-seisoen score.

Laas het Ashley Ward dié prestasie vermag in Desember 1994.

Pukki het 33 doele aangeteken sedert laas seisoen – die meeste van enige speler oor die Engelse vier topligas. AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters