3 dae gelede
PSG jag wraak
Neymar  ~ Getty Images

NUUS oor die afwesigheid van Bayern Munich se Robert Lewandowski vir vandag se Champions League-kwarteindstryd teen Paris Saint-Germain (PSG) in die Allianz Arena is met groot opwinding in Parys ontvang – veral noudat Neymar weer fiks is.

PSG sal in vandag se eerste been ook met wraakgedagtes kom ná laas seisoen se nederlaag in die Champions League-eindstryd in Lissabon teen die einste Bava­rians.

Die Franse kampioenspan het Barcelona reeds in die vorige ronde uitgeskakel, maar dit was sonder die dienste van Neymar, wat beseer was.

Marco Verratti het diens gedoen, maar nadat die Italianer positief getoets is vir Covid-19 skep hy nou ’n uitdaging vir sy manager, Mauricio Pochettino.

Daar is dus in sekere opsigte nou groot druk op PSG om verlede seisoen se treurmare reg te stel.

Pochettino-hulle het diá naweek boonop in ’n Ligue­ 1­-stryd teen Lille gegly.

Marquinhos, PSG se kaptein, reken dis die belangrikste wedstryd van hul loopbaan.

“Ons kan nog baie groot dinge bereik,” verduidelik die 26-jarige Brasiliaan. “Ons moet net gefokus en positief bly.

“Daar is altyd dinge om op te verbeter. Ons is ’n bewys daarvan.” – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters