Verlede jaar
Pryse vir 2 langasems
WENNERS: Riaz Noordien (links) en Ilhaam Saban.  ~ Shuyb Hendricks

DIE Ommiedraai Friends Athletic Club het onlangs sy 10de bestaansjaar by die Islamia College gevier.

Ilhaam Saban en Riaz Noordien is op dié spogge­rige aand onderskeidelik as Ommiedraai se beste vroue- en mansatleet aangewys.

Albei het aan laas jaar se Comrades deelgeneem.

Saban het die uitmergelende ultramarathon in ’n tyd van 10:43:14 voltooi.

Noordien se tyd was 08:38:45.

Dít was ook nie dié twee se enigste prestasies nie.

Hulle het performance awards van hulle klub ontvang aangesien hulle verskeie kere in verskeie afstande in hulle ouderdomsgroepe onder die voorste drie geëindig het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters