5 maande gelede
Province-leisels aangegee
nuwe pos: Jerome Paar­water brei dalk die WP-span. Foto: yunus mohamed  ~ 
hanyani shimangeFoto: nasief manie

DIE Westelike Provinsie kry dalk ’n nuwe afrigter vir die jaar se SuperSport Rugby Challenge-kompetisie.

Hoewel die WP-rugbyunie dit nog moet bevestig, gaan John Dobson waarskynlik gevra word om vanjaar meer hand by te sit by die afrigting van die Storm­ers.

Dobson het die Streeptruie die afge­lope twee jaar in die SuperSport Rugby Chal­lenge gebrei.

Hy het die span in 2016 – toe dié kompetisie die eerste keer aangebied is – tot die titel gebrei.

Luidens gerugte word oorweeg om Jerome Paarwater as die nuwe afrigter vir die SuperSport Rugby Challenge aan te stel.

john dobson Foto: gallo images

Hanyani Shimange, een van Dobson se regterhande in dié kompetisie en die Curriebeker-reeks, is ook iemand wat as hoofafrigter oorweeg kan word.

Shimange werk egter ook as ’n kommentator vir die uitsaaier SuperSport.

Dit gaan interessant wees om te sien of hy albei werk­verpligtinge kan juggle as hy die breierspos aangebied sou word.

Paarwater het die WP in die eertydse Vodacom­beker afgerig. Hy is ook al jare betrokke by die afrigting van die unie se junior spanne.

Wie uiteindelik die afrigtingspanne gaan uitmaak vir die Stormers en WP, moet nog finaal bevestig word.

nuwe pos: Jerome Paar­water brei dalk die WP-span. Foto: yunus mohamed

Meer duidelikheid gaan dalk op 20 Januarie verskaf word.

Son het verneem WP Rugby se ringkoppe hou op 18 en 19 Januarie ’n bos­beraad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters