4 maande gelede
Proteas nie gou weer in aksie - Smith
LONDON, ENGLAND - MAY 30: Television presenter and
Graeme Smith  ~ Getty Images

DIE Proteas se manskrieketspan gaan nog ’n ruk lank buite aksie wees.

24 van die land se voorste spelers het twee weke gelede in ’n unieke driespan-wedstryd op SuperSport Park gespeel, maar dit blyk asof hulle nie gou weer op die veld sal wees weens die voortdurende Covid-19 pandemie nie.

Dit is Saterdag deur Graeme Smith, Suid-Afrika se direkteur van krieket, bevestig.

Smith het die media te woord gestaan en het vrae oor ’n verskeidenheid kwessies beantwoord.

“(Die toer na die) Wes-Indiese Eilande is onbepaald uitgestel. Ons sukkel om ’n tyd te vind met die IPL wat ook plaasvind,” het Smith gesê.

“Dit wil voorkom asof ons die spelers vanaf die begin van September nodig sal het afhangend van die regering se regulasies en of ons sal kan reis. (Die toer na) Sri Lanka is ook (onbepaald uitgestel).

"Ek sou van November af sê: As alles goed gaan, sal dit ’n baie besige tydperk wees vir Suid-Afrikaanse krieket, waarskynlik in tye wat ons nog nie voorheen gespeel het nie en om baie van die uitgestelde toere in te pas.”

Die toer na die Wes Indiese Eilande is oorspronklik beplan vir Julie en Augustus met twee toetse en vyf T20’s, terwyl die Sri Lanka-toer van drie ODI’s en drie T20’s vir Junie beplan is, maar albei is vroeër uitgestel weens die Covid-19 uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters