2 jaar gelede
Pretorius vlieg na arende
MARK PRETORIUS Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Goue Leeus se haker Mark Pretorius het hom by die SWD-Arende aangesluit.

Sy skuif na die Suid-Kaap is Vrydag deur Deon Davids bevestig oomblikke voordat hy amptelik as die nuwe hoof­afrigter van die Southern Kings aangekondig is.

Pretorius is ’n beweeglike speler met goeie hande. Sy vurige inklimspel behoort ’n groot aanwins vir die Arende te wees. Pretorius het Suid-Afrika in 2012 in die Junior Wêreldbeker-toernooi verteenwoordig en was in die beginspan vir die eindstryd teen die All Blacks wat die Baba-Bokke geklop het.

Hy het in 2014 sy Superrugby-debuut teen die Reds gemaak toe Robbie Coetzee en Malcolm Marx beseer is.

Pretorius het ook die Leeus in vanjaar se Currie­beker-kompetisie verteenwoordig.

  • Dit sal interessant wees om te sien wie die SWD-rugbyunie vandeesweek as Davids se opvolger gaan aanwys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters