9 dae gelede
Powell: All Blacks verdien sewestitel
ACTON, ENGLAND - MAY 09:  South Africa head coach
AANVAAR: Neil Powell sê die Kiwi's verdien die Wêreldreekstitel.  ~ Gallo Images

TEN spyte van ’n verskil van 11 punte op die punteleer was, is Nieu-Seeland as kampioen van sewesrugby se 2019-’20 Wêreldreeks-seisoen gekroon.   

Wêreldrugby, beheerliggaam en organiseerder van die reeks, het Dinsdag besluit om die seisoen tot 'n einde te bring en die Kiwi's as kampioen te kroon. 

Daar moes nog vier toernooie gespeel word, voor die wêreld se grense gesluit moes word weens die uibraak vna die Covid-19-pandemie. 

Suid-Afrika se Blitsbokke was tweede op die punteleer tydens die begin van die wêreldwye lockdowns, en moet nou met daai tweede plek tevrede wees ná 'n besluit wat menigte fan van sewes se wenkbroue sou laat lig. 

Nietemin het Neil Powell, afrigter van die Blitsbokke, besluit om die Kiwi's met hul verowering van die wêreldkroon geluk te wens. - d Nieu-Seeland se eerste wêreldreekstitel sedert 2013-'14-seisoen. 

Powell het gesê: "Nieu-Seleand het drie van die ses toernooie gewen en twee keer meer (as die Blitsbokke) 'n plek op die wennerspodium (tweede of derde plek) behaal, wat dan dien as 'n bewys van hul asemrowende vlakke van bestendigheid gedurende die seisoen. 

"Ek dink hulle verdien die titel ná hierdie vertonings. Ons het toernoo9ie in Dubai en Los Angeles gewen en die eindstryd van toernooie in Kaapstad en Sydney gehaal. Ons het egter vertonings ver onder ons karakter in Hamilton en Vancouver opgelewer." 

Die Nieu-Seelandse vrouesewesrubgyspan is ook as kampioene in die Wêreldreeks vir vroue gekroon. Anders as die mans, het hulle heeltemal in die reeks oorheers deur vier uit die vyf aangebiede toernooie te wen. 





Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters