2 maande gelede
Porto verras Juve; Dortmund ook tops
ONGELOOF: Porto het die Serie A-kampioen, Juventus, teen alle verwagtinge in die Champions League verras.  ~ AP

SÉRGIO Conceição, manager, sê sy Porto-span was “strategies uitstekend” en het ál die “sterk punte gebruik” om Juventus te laat les opsê.

Die Portugese kampioen het Juventus Woensdag in die Estádio do Dragão met 2-1 getroef in die eerste been van die Champions League se ronde van 16.

Dit is Porto se eerste oorwinning oor Juve in dié gesogte klubkompetisie.

Conceição, wat Juve nou as ’n speler en coach geklop het, reken hul tuissege is beslis welverdiend.

“Eerstens moet ek my spelers krediet gee, want hulle was opgewasse vir die taak teen die Old Lady,” het die Porto-baas gesê.

“Ons het ál Juve se sterk punte gedruk en hulle tot ’n groot mate geneutraliseer.

“Ons het nie hul sterspelers soos (Cristiano) Ronaldo baie ruimte gegee om ons aan te val nie,” het Conceição uitgewys.

Voordeel

“Ons was strategies uitstekend en ek is baie trots op die vertoning,” het hy bygevoeg.

Porto reis 9 Maart na Turyn vir die tweede been van die wedstryd.

Intussen geniet Borussia Dortmund ook die voordeel ná sy eerste been teen die La Liga-span Seville.

Twee doele deur Erling Braut Haaland en nog ene deur Mahmoud Dahoud het Woensdag in Spanje aan Dortmund ’n wegsege van 3-2 teen Seville besorg.

Fernández Sáez en Luuk de Jong het sukses vir die tuisspan behaal. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters