Verlede maand
Pokomela debuteer
JUNIOR Pokomela  ~ _Cole Cruickshank

JUNIOR Pokomela maak vanaand in Newport sy debuut vir die Stormers in hul kragmeting met die Dragons in die United Rugby Champion­ship (URC).

Die Stormers sal hul laaste game­ van hul Europese toer op ’n hoë noot wil afsluit.

Die insluiting van Pokomela op flank is die enigste verandering onder die voorspelers wat laas week met 20-20 teen Edinburgh gelykop gespeel het.

John Dobson (afrigter) het besluit om vyf veranderinge aan sy agterlyn aan te bring.

Die skakelpaar van Stefan Ungerer en Manie Libbok is terug in die beginspan nadat hulle laas week se game weens beserings misgeloop het.

Dan du Plessis en Ruhan Nel gaan in die middelveld kombineer, met Juan de Jongh wat van die bank aangewend gaan word. Sergeal Petersen maak plek vir Leolin Zas op die vleuel.

Jamie Roberts, die Dragons se ervare binnesenter, gaan teen sy voormalige spanmaats te staan kom.

Volgens Dobson gaan sy span alles in die stryd werp om met ’n oorwinning in die Rodney Parade Stadium uit die stryd te tree.

“Ons was tot dusver mededingend in elke game op die toer en ons wil dit eindig met ons beste vertoning nog,” het hy gesê.

“Ons weet dat dit ’n akkurate vertoning van 80 minute sal verg teen ’n moeilike Dragons-span.”

STORMERS: Warrick Gelant, Leolin Zas, Ruhan Nel, Dan du Plessis, Edwill van der Merwe, Manie Libbok, Stefan Ungerer, Evan Roos, Willie Engelbrecht, Junior Pokomela, Salmaan Moerat (k), Ernst van Rhyn, Neethling Fouché, Scarra Ntubeni, Brok Harris. Bank: JJ Kotzé, Kwenzo Blose, Sazi Sandi, Justin Basson, Marcel Theunissen, Paul de Wet, Tim Swiel, Juan de Jongh.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters