4 dae gelede
Pogba terug na Juve?
groener weivelde: Paul Pogba van Frankryk kan straks in Januarie weer vir die Old Lady uitdraf. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

JUVENTUS het erken hy onderhandel met Paul Pogba om hom terug te lok na Turyn toe.

Dié 25-jarige Wêreldbekerwenner met Frankryk beleef ’n nagmerrie op Manchester United se boeke sedert hy Juventus in 2016 vir die Red Devils verruil het.

Dit is ’n feit dat Pogba nie sy peil wat hy in Serie A gelewer het, in die Engelse Premierliga kon handhaaf nie.

Dis duidelik dat Pogba gefrustreerd is by Old Trafford. Hy word intussen ook hewig gelink met Barcelona in Spanje.

Juve het intussen 100 miljoen euro (sowat R1,6 miljard) spandeer om Cristiano Ronaldo se dienste te bekom.

Ondanks dit het Juventus se direkteur, Fabio Paratici, bevestig hulle oorweeg dit sterk om nou ’n bod vir Pogba in te sit.

Die groot struikelblok is egter finansies. Die Serie A-kampioen oorweeg nou sy opsies oor hoe hy Pogba kan bekostig wanneer die Januarie transfer window weer oop is. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters