Verlede maand
Pogba nie te haastig met besluit
Paul Pogba  ~ Getty Images

PAUL Pogba kan sy tyd vat met enige besluit oor sy toekoms, aangesien hy die belangrikste stap in sy loopbaan oorweeg.

Manchester United verwag tans ’n groot aanbod van Paris Saint-Germain (PSG). Die verwagting is dat die Engelse klub nie minder nie as £45 miljoen (R918 miljoen) vir sy sterspeler sal vra nie.

Dit is egter nog onduidelik of die skitterende middelskakel sou belangstel in ’n skuif terug na sy geboorteland.

Agent

Indien dit wel die geval is, sal Mauricio Pochettino, PSG se manager, plek moet maak in sy midfield om Pogba speelkans te gee.

Dit hang natuurlik ook af van die bedrag waarvoor die speler se agent, Mina Raiola, sal settle.

Dis duidelik dat Pogba sy kaarte na aan sy bors hou.

Die Fransman sal waarskynlik tot die laaste uithou. United is ook nog oop om sy kontrak te hernu.

Dít ten spyte daarvan dat onderhandelinge tussen Pogba en die Engelse span nou al maande nie aan die gang kon kom nie.

Moeiliker

Intussen het Pogba dit duidelik gemaak dat hy eendag vir Real Madrid wil speel.

As Pogba nou na PSG sou skuif of sy kontrak by Old Trafford verleng, maak dit enige moontlike skuif na Los Blancos selfs moeiliker.

Nodeloos om te sê dat United se fans met groot belangstelling sal kyk wat Pogba se finale besluit gaan wees.

Dit gaan ook interessant wees om te sien watter rol sy manager, Ole Gunnar Solskjaer, in gedagte het vir die 29-jarige voormalige Juventus-speler – veral met ’n speler soos Jadon Sancho ook in die mix. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters