2 maande gelede
Poemas lus vir All Blacks
HIRONO, JAPAN - SEPTEMBER 13: Rodrigo Bruni of Arg
Rodrigo Bruni  ~ Getty Images

DIE Argentynse rugbyspan, beter bekend as die Poemas, jeuk omtrent om eerskomende naweek te wys wat hulle op die rugbyveld kan doen.

Dit maak hulle ook glad nie skrikkerig dat hul eerste wedstryd van die Drienasies-kompetisie teen die magtige All Blacks is nie.

Mario Ledesma (afrigter) se Poemas het nou langer as ’n jaar laas toetsrugby gespeel – hul laaste toets was in laas jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.

Dit terwyl die All Blacks nou al vier toetse – almal teen Australië – onder die belt het en boonop oorgehaal gaan wees om vir die nederlaag met 22-24 teen die Wallabies in die afgelope naweek se toets in Brisbane op te maak. 

Die Argentyne kon nog nooit in die geskiedenis van rugby (amateur- en beroepsjare) die All Blacks klop nie. Dit beteken nie die Poemas gaan nie alles probeer om dit te vermag nie.

"Die belangrikste ding dié week is om alles vir die trui te gee,” meen Poemas-agtsteman Rodrigo Bruni.

“Die groot ding van hierdie groep is dat ons nooit opgee nie. ’n Paar maande gelede sonder dat ons weet of ons gaan speel.”

Meer as ’n dossyn Poemas-spelers en personeel, inlsuitend Ledesma, het positief getoets vir Covid-19 gedurende ’n oefenkamp in Argentinië.

Ofskoon die wêreldkampioen, Suid-Afrika, nie enige postiewe gevalle aangemeld het nie, het hy besluit om van die toernooi te onttrek. Daar was vrese oor die spelers se veilgihheid, omdat hulle nie wedstrydfiks was nie.

Argentynse rugby beleef ’n geldelike krisis weens die pandemie, maar die Poemas was nie bekommerd oor veiligheid nie en besluit om na Sydney te vlieg en onder kwarantyn-regulasies hul voorbereiding te begin.

Die Poemas het ook twee oefenwedstryde gespeel en albei gewen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters