13 dae gelede
‘Pochettino sál sy dream job kry’
Mauricio Pochettino  ~ Getty Images

MET ’n bietjie geduld kan Mauricio Pochettino sy dream job verseker.

Só reken die voormalige Tottenham Hotspur-speler Jermaine Jenas.

Pochettino is tans werkloos nadat Spurs hom onlangs in die pad gesteek en met José Mourinho vervang het.

Intussen het Arsenal vir Unai Emery die trekpas gegee.

Jenas is oortuig daarvan dat Manchester United se Ole Gunnar Solskjaer die volgende casualty sal wees.

Volgens Jenas sal dit die deur oopmaak vir Pochettino om sy loopbaan by Old Trafford voort te sit.

Jenas sê: “Arsenal is ’n groot sokkerklub en ek is seker die salaris sal goed wees vir Mauricio.

“Ek plaas myself in sy skoene en dink: ‘My stock is veel hoër as dit.’

Rus

“Ek dink wat hy met Tottenham uitgerig het, plaas hom nou in ’n hoër bracket, weet jy.

“As ek Mauricio is, bly ek ses maande buite aksie en rus, want hy het ses jaar lank non-stop by Spurs gewerk.

“Wanneer die seisoen afsluit, is daar ’n groot kans dat Manchester United, Bayern Munich of Real Madrid hom sal bel.”

Intussen neem die druk net al meer toe op Solskjaer ná Sondag se 2-2 draw teen Aston Villa.

Dié uitslag beteken United ervaar die swakste begin van ’n Engelse Premierliga-seisoen in 31 jaar.

Ten spyte daarvan het Solskjaer uitdruklik gesê hy is nie bekommerd oor die vergelyking met Pochettino nie omdat hy ’n goeie verstandhouding met United se hierachy het. BT Sport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters