14 dae gelede
Poch jag comeback
Mauricio Pochettino  ~ Getty Images

MAURICIO Pochettino het sy begeerte uitgespreek om ’n comeback na die Engelse Premier­liga te maak.

Pochettino is tans werkloos nadat Tottenham hom in November gepos het ná byna ses seisoene op Spurs se boeke.

Die 47-jarige Argentyn word ook sterk gelink met ’n skuif na Manchester United om Ole Gunnar Solskjær te vervang.

En Poch, wat Spurs laas seisoen na die Cham­pions League-finaal gelei het, het erken hy is oop om weer ’n topklub af te rig.

“Om eerlik te wees, ek sal daarvan hou om nóg ’n klub in die Premierliga te coach,” het Pochettino verduidelik.

“Dit gaan moeilik wees, ek weet, maar vir eers sal ek maar moet wag en sien wat gebeur.

“Dis ’n oomblik om te herstel en ’n bietjie aan jouself te dink sodat jy gereed kan wees.

“In sokker kan dinge baie vinnig gebeur en jy moet gereed wees. So, ek wag vir my nuwe uitdaging.

“Ek het die geloof en vertroue dat die volgende uitdaging fantasties sal wees,” het hy bygevoeg.

Poch is Dinsdagby Griffin Park gesien toe hy die Champion­ship (Eerste Liga) game tussen Brentford en Leeds gekyk het.

Dié voormalige Espan­yol-breier weet ook die tonge klap nou behoorlik oor sy teenwoordigheid terug in Engeland.

Pochettino weet en verstaan dat mense praat en dat gerugte “part en parcel” van sokker is.

“Ek was in Argen­tinië, in Katar en in Spanje met Jesús Pérez­ (assistent), en hy volg gereeld die nuus.

“Ek, aan die ander kant, het die gerugte opgemerk,” aldus Pochettino.AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters