2 maande gelede
Pirates-lot in eie hande in title race
tweestryd: Fabian Abrahams van Bellstar United en Matroosfontein se Reagan Kuys veg om balbesit in ’n Northerns derby.Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

MET net twee wedstryde oor in Safa CT se Derde Liga is dit steeds moeilik om ’n kampioen uit te wys.

Dis omdat die voorloper, Young Pirates (52 punte), Matroosfontein (51), Hanover Park (49) en Greenwood Athletic (48) almal op ’n mission is om glorie te proe.

Roger Fortune, afrigter, se Pirates-span het egter kleigetrap in die naweek se double headers en dít nogal teen sy mede-aanspraakmaker Hanover Park, wat dié stryd met 2-1 gewen het.

Pirates het wel sy topposisie behou toe hy Silver Spurs met 1-0 gestuit het.

Patrick Weels, afrigter, se Matroosfontein-span was op sy beurt onoorwonne in die double headers en het vier ligapunte ingeoes.

Dit is toe hy Cape Town United Sondag met 1-0 geklop het en toe in ’n derby-wedstryd teen Bellstar United met 1-1 gelykop gespeel het.

Hanover Park was sy eie vyand toe hy Saterdag met 2-3 teen Cape Town United die knie gebuig het. Hy het wel sy verlore aansien herwin deur Pirates met 2-1 te knou.

Trek

Vir Pirates is die vergelyking eenvoudig: Hy moet sy laaste twee games op sy tuisveld teen Greenwood (18 Mei) en Two Oceans Academy (25 Mei) wen as hy kampioen wil wees.

Fortune is steeds vol vertroue dat hulle die wa deur die drif kan trek. “Ons lot is in ons hande en dis al wat tel. Twee seges in ons twee wedstryde sal ons die titel gee.”

Dis geen verrassing dat die twee debutante, Pirates en Matroosfontein, so goed vorder nie, want albei spanne speel puik sokker.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters