16 dae gelede
Pieter-Steph nog eina
Pieter-Steph du Toit  ~ Gallo Images

MET ál die onstuimigheid wat tans in die raadsaal op Nuweland heers, wil John Dobson net op die vertoning van sy span fokus.

Volgens die Stormers se afrigter maak dit nie vir hom saak wie WP Rugby besit of beheer nie.

Trots

Al wat saak maak, is dat WP Rugby ’n ooreenkoms met ’n sakevennoot kan bereik sodat die Stormers volgende jaar die meerderheid van hul World Cup-Bokke kan behou ná die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika.

Dobson het gister aan Son gesê: “Ons het ’n fantastiese groep met agt Bokke wat die World Cup gewen het. Ons wil hulle baie graag hier hou en die provinsie trots maak.

“Die spelers raak nou ’n bietjie angstig omdat hulle verskillende dinge in die media lees.

“Ek wil net ál my aandag op die span toespits om die manne voor te berei om rugby te speel.”

Volgens die Stormer-afrigter word ’n plaaslike kompetisie beplan wat moontlik op 10 Oktober sal begin.

Hy sê die voorbereiding van sy span verloop goed en sy World Cup-Bokke is almal op koers met hul beserings.

Die enigste bekommernis wat hulle het, is Pieter-Steph du Toit wat nog nie heeltemal herstel het nie.

“Kitsie (Steven Kitshoff), Bongi (Mbonambi), Siya (Kolisi) en Herschel (Jantjies) is almal besig om lekker te oefen.

“Pieter-Steph kan die eerste paar games misloop. Daar is ’n spier rondom sy knie wat versterk moet word.

Bestuur

“Daar is ’n senuwee in die spier wat hom pla. Hy het egter die laaste paar weke groot vordering gemaak.”

Dobson glo dat die spelers goed bestuur moet word omdat hulle ses of sewe maande laas gespeel het.

“Wat die ekonomie betref, moet ons weer aan die gang kom en daarom moet ons so gou moontlik weer rugby speel.

“Ons sal egter moet duim vashou dat die spelers nie beseer sal word nie.

“Die gevoel is dat die Bokke benadeel kan word as hulle in die Rugby Cham­pionship moet speel, veral omdat hulle baie lanklaas rugby gespeel het.

“Die Franse en Engelse klubs het ook hul misnoeë daaroor uitgespreek dat die internasionale venster uitgebrei is. Hulle kan hul spelers moontlik nie beskikbaar stel nie. Sowat 46 spelers kan uit die plaaslike kompetisie onttrek word.

“Dit kan potensieel ook sake bemoeilik,” sê hy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters