2 maande gelede
Pieter Malan ook in groep
groot kans wag: Zubayr Hamza kan dalk sy toetsdebuut vir Suid-Afrika teen Pakistan maak. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DEAN Elgar sal die Proteas van môre af op die Wanderers in die derde toets teen Paki­stan aanvoer.

Elgar se aanstelling volg nadat Faf du Plessis deur die Internasionale Krieket­raad geskors is.

Linda Zondi, hoof van die nasionale keurders, sê Elgar se aanstelling strook met sy komitee se beleid om ’n poel van jong leiers te ontwikkel.

“Ons het onlangs vir Aiden Markram en Quinton de Kock as kaptein in die eendagspan gebruik.

“Vir Dean het ons in 2017 as kaptein ingespan in die toets teen Engeland,” het Zondi gesê.

Daar is wyd bespiegel die keurders gaan Temba Bavuma die kans gee om sy span voor sy tuisskare aan te voer.

Bavuma is tans kaptein van die Lions en is een van die land se blink sterre­.­

Nie Markram of De Kock beklee tans ’n leiersposisie by hul onderskeie franchises nie.

Ashwell Prince was in 2006 die land se eerste gekleurde toetskaptein. Hashim Amla het hom opgevolg.

Zondi het aangekondig die Cape Cobras se aanvangskolwer Pieter Malan sal nader getrek word as Markram nie betyds van ’n dyspierbesering herstel nie.

Markram was ook ’n sterk kandidaat om die kapteinskap oor te neem.

Dis nou ’n uitgemaakte saak dat die Kapenaar Zubayr Hamza sy toetsdebuut in die plek van Du Plessis sal maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters