8 dae gelede
Pienaar uiteindelik tuis
NEWCASTLE UPON TYNE, ENGLAND - OCTOBER 21:  Ruan P
Ruan Pienaar in aksie vir Montpellier.  ~ getty images

DIE veteraan Springbok-skrumhalf, Ruan Pienaar, het pen op papier gesit om vir die volgende twee jaar vir die Cheetahs uit te draf.

Hoewel Pienaar sy junior rugby in Bloemfontein gespeel het, het hy nog nooit die Cheetahs in die Curriebeker verteenwoordig.

Dié 35-jarige seun van die legendariese Springbok-heelagter, Gysie Pienaar, is 'n produk van Grey College in Bloemfontein.

Hy het tussen 2004 en 2010 in 32 Currie Cup- en 67 Superrugbywedstryde vir die Sharks gespeel.

Pienaar het hom daarna by Ulster in Ierland aangesluit. Hy het amper 150 keer vir dié span uitgedraf voordat hy hom by Montpellier in Frankryk aangesluit het.

Pienaar, wat al 88 keer vir die Springbokke uitgedraf, sluit hom op die regte tyd by die Cheetahs aan.

Twee van hul skrumskakels, Shaun Venter (Wallis) en Rudy Paige (Frankryk), het intussen die unie verlaat. - OFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters