Verlede maand
Pienaar pak dalk Stormers
Ruan Pienaar  ~ Gallo Images

RUAN Pienaar gaan straks na die Cheetahs-span terugkeer om die Stormers Saterdag in Kaapstad die stryd aan te sê.

Dié Springbok-skrumskakel moes laas jaar sedert die tweede ronde van die Superrugby Unlocked-toernooi sake van die kantlyn af dophou nadat hy sy knie teen die Bulls beseer het.

Die 36-jarige oefen weer voluit en is in ’n wedloop teen die tyd om vir die naweek se voorbereidingsreeks-kragmeting in die Cape Town Stadium gekies te word.

As hy by die beginspan ingesluit word, sal Pienaar nie soos gewoonlik die stelskoppe behartig nie.

Die verantwoordelikheid om die skopwerk te doen, sal na die ervare senter Frans Steyn geskuif word.

Bly

Pienaar het sy opgewondenheid uitgespreek oor die feit dat hy weer veld toe kan kom.

Hy het gister aan OFM Sportgesê: “Ek is natuurlik baie opgewonde om weer te speel en net betrokke te wees. Dit maak my baie bly,” het hy gesê.

“Dit sal ’n baie moeilike game in Kaapstad wees. Dit is ’n baie goeie Stormers-span en ek dink hulle wil graag op hul nuwe tuisveld speel.

“Ek is net opgewonde en sien uit daarna om weer op die veld te kom.”

Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs, gaan vandag die beginspan vir Saterdag se kragmeting bekend maak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters