4 maande gelede
Petisie om Leeus-toer uit te stel
FANATIES: Sowat 30 000 fans tree gewoonlik aan wanneer die Britse en Ierse Leeus-toer in Suid-Afrika plaasvind.  ~ Getty Images

RUGBY fans het ’n aanlyn petisie geskep om die Britse en Ierse Leeus-toer na Suid-Afrika tot 2022 uit te stel.

Die versoekskrif beoog ook om te verhoed dat die reeks na Engeland en Ierland verskuif word.

Toenemende gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika, tesame met ’n nuwe variant van die virus, het dit onwaarskynlik gemaak dat die Leeus soos beplan die wêreldkam­pioen in sy agterplaas gaan aandurf.

Een van die alternatiewe is om die reeks in Engeland en Ierland aan te bied, maar daar is diegene wat meen dat dit afwyk van die tradisie van die Leeus-toernooi.

Mark Gardner het dus ’n versoekskrif op Change.org geskep met die titel: “Keep the Lions Tour in South Africa – Stel uit tot 2022 en moet dit nie na Engeland en Ierland verander nie.”

Verhinder

Meer as 1 800 mense het tot dusver die petisie onder­teken.

“Covid-19 sal die Britse en Ierse Leeus-toer in 2021 in die gasheerland van Suid-Afrika byna beslis verhoed,” het Gardner geskryf.

“Ons doen ’n versoekskrif aan die tuislande Engeland (RFU), Skotland (SRU), Ierland (IRFU) en Wallis (WRU), waaruit die Britse en Ierse Leeus-raad gesamentlik saamgestel is, en Suid-Afrika (SA Rugby) om die regte ding te doen.

“Dit is om in te stem om die Leeus-toer eerder in 2022 te hou. Die Leeus benodig slegs 36 spelers vanuit die vier tuislande.

“As die toer in Julie 2021 in Engeland plaasvind, verwater dit die ryk geskiedenis van die Leeus.

“Dit verhoed dat Suid-Afrika se ondersteuners, die stadions, besighede en die hele toerisme-infrastruktuur die geleentheid baat vind by die sowat 30 000 fans wat die wêreld se mees passievolle uitnodigingspan na Suid-Afrika toe sal volg.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters