Verlede maand
Petersen is gevlei
Brandon Petersen  ~ Backpagepix

BRANDON Petersen se geduld om hom nie by Tsha­khuma Tsha Madzi­vhandila (TTM) aan te sluit nadat Wits verkoop is nie, kan straks beloon word.

Die 26-jarige Kapenaar, wat sedert Junie klubloos is nadat TTM die Clever Boys se Premierliga-franchise oorgekoop het, kan dalk weer met Gavin Hunt by Kaizer Chiefs kombineer.

Petersen het saam met Hunt gewerk toe die duo nog op Wits se boeke was.

Petersen voeg by dat ’n moontlike skuif na Chiefs net voordelig vir sy loopbaan kan wees.

Petersen is toevallig ook uitgenooi om saam met die Amakhosi te oefen sodat hy kan fiks bly.

Dis dalk ook tekens dat dié belowende speler sy loopbaan by Naturena in Soweto kan voortsit.

“Ek het al vantevore met coach Gavin gewerk,” het Petersen gesê. “So, as die geleentheid weer opduik, vra ek: Waarom nie? Ek sal dit definitief oorweeg.

“Die ding met ’n coach soos Gavin is – hy is baie reguit en jy weet wat jy kry.

“As speler weet jy presies waar jy staan.

“Hy is ’n coach wat die spel baie goed ken en sy rekord is daar vir almal om te sien.”

Dié boorling van Elsies­rivier voeg by: “Jy wil speel vir ’n coach soos Hunt en ek is gevlei as my dienste deur die coach gesoek word.”

Fokus

Petersen het destyds aan Son gesê dat die geboorte van sy baba en sy gesinslewe kernredes is waarom hy nie laas jaar reeds na Limpopo geskuif het om hom by TTM aan te sluit nie.

“Al was ek sonder ’n klub, het ek nie moed of fokus verloor nie.

“Ek het gefokus op my rehabilitasie en alles lyk weer belowend,” het Petersen afgesluit.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters