8 dae gelede
Pep ‘verras en beïndruk’ met City
Pep Guardiola  ~ Getty Images

PEP Guardiola, baas van Manchester City, sê hy is verras en beïndruk met sy span se vertonings “in ’n tyd waarin almal in die wêreld swaarkry”.

Die Cityzens het hul wenlopie Sondag op die Emi­rates-tuisveld tot 18 seges in ’n ry vergroot toe hulle Arsenal met 1-0 geklop het.

Danksy hierdie sege gee Guardiola-hulle nou die pas in die Premierliga aan.

Die span het reeds ’n voorsprong van 10 punte en daar is nog 13 wedstryde oor.

Nes die res van die Premierliga-spanne, het City ook maar sy fair share van Covid-19-gevalle gehad wat hy moes oorkom.

“Ek is verbaas en beïndruk met my span, want ons is in ’n tyd waarin almal in die wêreld swaarkry.

“Al die spanne in die liga het punte afgestaan, maar ons was die afgelope twee maande baie bestendig.

“Ek het dit glad nie verwag nie,” het Guardiola uitgewys.

Eenvoudig

“Mense praat en praat oor die rekords en die oorwinnings, maar om dit te doen, moet jy dié tipe wedstryde keer op keer wen.

“Op papier lyk dit baie eenvoudig, maar dis glad nie die geval nie.

“Dit gaan ook nie altyd daaroor dat jy ’n game met drie (doele) of vier wen nie, want dit is nie moontlik nie,” het die Spanjaard bygevoeg.

Man City verskuif sy aandag nou na die Champions League. Hy pak Borussia Mönchengladbach môre in Duitsland.

Dis die een trofee wat City nog nie kon wen nie. Guar­diola sal sy voortande gee om dié titel te wen. AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters