PEP Guardiola, manager van Manchester City, sê hy weier om in dié stadium betrokke te raak by die bespiegelings wat sy klub met Barcelona se Lionel Messi link.
Messi het die geleentheid om met ander klubs te onderhandel wanneer hy in sy kontrak se laaste ses maande is.
Daar is sprake daarvan dat die Argentyn by die Etihad met Guardiola, sy destydse manager by Barça, sal opteam. Guardiola trek egter sy skouers op oor die moontlikheid om die dienste van die sesmalige Ballon d’Or-wenner te bekom.
“Hy’s ’n speler van ’n ander klub. Ek is jammer. Ek probeer altyd jul vrae beantwoord, maar hy is ’n Barça-speler. Wat die transfer-mark betref, weet julle wat my opinie is. Dit hang af van Txiki (Begiristain, City se direkteur van sokker).
“Ek hou nie daarvan om van spelers te praat wat nie hier is en dié wat nog kontrakte moet teken nie.
“Die beste is om agter die skerms te praat,” meen Guardiola.” – AP