8 dae gelede
Peninsula maak reg
KRIEKET  ~ Foto ter illustrasie: iStock

DIE Peninsula-krieketklub is hard besig om vir die komende seisoen voor te berei.

Dié klub nooi lede van die gemeenskap en voormalige lede wat graag dié jaar vir hulle wil speel om weeklikse oefensessies by te woon.

Peninsula-krieketklub speel sy krieket uit die Allenby Drive-sportkompleks in Retreat en bestaan uit drie spanne.

Die eerste span speel in die Westelike Provinsie se Eerste Liga 1D, met die tweede span wat in die Reserweliga F kompeteer.

Die derde span speel in Afdeling 3B.

Oefeninge vind elke week op Dinsdae en Donderdae plaas vanaf 17:30 en Jean Miles (hoofafrigter) kan by 062 945 2152 gekontak word vir meer inligting. Elridge Stoffels kan ook by 062 414 6181 geskakel word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters