6 dae gelede
Pay cut vir Italiaanse held
GIORGIO CHIELLINI
GIORGIO CHIELLINI  ~ _GETTY IMAGES

’N MENS sou dink Juventus sal van iewers probeer geld kry om die Italiaanse held Giorgio Chiellini ’n vet kontrak aan te bied om hom by dié sokkerklub te hou.

Chiellini, wat Italië tot die Europese Kampioenskaps­titel aangevoer het, moet egter ’n pay cut vat as hy ’n nuwe aanbod van die Bianconeri wil aanvaar.

Die 36-jarige verdediger is tans ’n free agent – sy kontrak met Juventus het verlede maand verstryk. Hoewel sy ouderdom teen hom tel, is Chiellini se ervaring só baie werd dat ’n hele paar Europese klubs sekerlik tou staan om sy dienste te bekom.

Juventus het besluit om Chiellini egter net ’n kontrak van een jaar te gee. Dit kan as ’n klap in die gesig van dié ervare leier beskou word.

Juventus het laas seisoen lelik uitgesak in die Serie A en kon nie eens die kwarteindronde van die Uefa Champions League haal nie.

Vrae

Daar is besluit om Massimiliano Allegri weer as coach aan te stel. Miskien sal sy terugkeer genoeg wees om Chiellini te oortuig om nog ’n laaste seisoen vir die Bianconeri uit te draf.

Daar heers ook nog vrae oor Cristiano Ronaldo se toekoms by dié klub. Daar is gerugte dat dié Portugees ’n terugkeer na Manchester United kan maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters