Verlede maand
Patrice se plan vir CAF
Patrice Motsepe en Dr. Danny Jordaan.  ~ Foto Verskaf

PATRICE Motsepe is besig om sy hand te speel om die wedloop vir die Afrika-sokkervereniging (Caf) se presidentskap.

Die mynmagnaat-eienaar van Mamelodi Sundowns het gister in die Sandton Convention Centre sy bedoelings baie duidelik gemaak met ’n voorlegging van ’n tienpunt-manifes aan Caf.

Dit was in die teenwoordigheid van Suid-Afrika se minister van sport en kultuursake, Nathi Mthethwa, Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), en die Premierliga se baas, dr. Irvin Khoza.

Die tienpuntplan behels die volgende:

1. Belegging in die ontwikkeling en groei van sokker in elke Afrikaland deur borgskappe, die private sektor en ander vennote;

2. Die verbetering van die doeltreffendheid en profes­sionaliteit van Caf se kompetisies en sy personeel;

3. Implementering en nakoming van die bestuur en ouditering van wêreldwye beste praktyk;

4. Belegging in Afrika-sokker se infrastruktuur;

5. Belegging in ons jeug en in die toekoms van Afrika-sokker;

6. Die ontwikkeling en groei van vrouesokker;

7. Die beskerming van die integriteit en die professionalisering van skeidsregters;

8. Die daarstel van video-assistent-skeidsregters (VAR);

9. Statutêre hervormings;

10. Vennootskappe met Fifa­ en ander kontinentale beheerliggame.

Skorsing

Motsepe, tesame met Jacques­ Bernard Daniel Anouma (Ivoorkus), Augus­tine Emmanuel Augustine Senghor (Senegal) en Ahmed Yahya van Mauritanië is die kandidate wat mik om Ahmad Ahmad op te volg.

Ahmad kan nie vir nóg ’n termyn staan nie, aangesien hy sy skorsing van vyf jaar uitdien.

Motsepe, wat glo die gunsteling is om die nuwe president te word, het reeds aangedui dat hy die Caf se basis in Kaïro na Johannesburg sal skuif.

Die miljardêr, wat Sundowns se brand ongelooflik laat groei het, het belowe om Caf ’n groot gees te maak regoor die wêreld.

“Ek sal ten alle tye ’n nederige bydrae maak om sport te gebruik om almal op die Afrikavasteland te verenig,” het Motsepe gesê.

“Ons sal suksesvol wees deur Afrika-sokker weer mededingend te maak.

“Die toets vir my is wat die uitslae oor twee, drie of vier jaar sal wees,” het hy bygevoeg. – Sport24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters