15 dae gelede
‘Pasop vir die Aussies’
waarsku: Robin Peterson glo Australië is ’n groot faktor.Foto: NETWERK24  ~ 

LOOP maar lig vir Australië se krieketspan.

Dié onwillige waarskuwing kom van die voormalige Proteas-draaier Robin Peterson.

Peterson sê hy wil dit nie eintlik van een van Suid-Afrika se tradisionele vyande sê nie, maar hy meen Australië sal sy stem by die Wêreldbekertoernooi al hoe dikker maak.

Australië het wel sy groepwedstryd verloor, maar Peterson voel die Aussies het gewys hulle het die skietgoed om in die eindstryd te speel.

Australië speel vandag in Taunton teen Pakistan en kan met ’n sege nader aan die halfeindronde kom.

Uitgeskakel

Ná seges oor Afganistan en die Windies, en toe die nederlaag teen Indië, sal dié wedstryd ’n goeie aanduiding wees van hoe ernstig Australië se aanslag opgeneem moet word.

Die formaat van vanjaar se toernooi is iets waarvan Peterson baie hou.

“Ál die spanne speel een keer teen mekaar en die boonste vier op die punteleer dring deur.

“Dit behoort te verseker dat die vier beste spanne in die halfeindronde speel.

“In die verlede in ’n stelsel met verskillende afdelings is ’n goeie span wat in die halfeindronde kon speel, dalk uitgeskakel. Nou sal dit nie gebeur nie.”

Die komende wedstryde is:

Vandag: 11:30: Australië t Pakistan, Taunton

Môre: 11:30: Indië t Nieu-Seeland, Nottingham

Vrydag: 11:30: Engeland t die Windies, Southampton

Saterdag: 11:30: Australië t Sri Lanka, Londen; 14:30: Suid-Afrika t Afganistan, Cardiff

Sondag: 11:30: Indië t Paki­stan, Manchester

Maandag: 11:30: Bangladesj t die Windies, Taunton

Dinsdag: 11:30: Engeland t Afganistan, Manchester

Woensdag: 11:30: Suid-Afrika t Nieu-Seeland, Birmingham.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters