10 dae gelede
Pasop, McCarthy!
final toe: City se coach, Benni McCarthy (regs), en Kaitano Tembo van SuperSport by die bekendmaking van die eindstryd vir die MTN8.­Foto: BACKPAGEPIX  ~ 

CAPE Town City se afrigter, Benni McCarthy, moenie te ver in die toekoms kyk nie.

Boonop moet hy ook waak dat sy emosies en sêgoed nié die oorhand kry nie.

Dit blyk McCarthy het reeds sy brood-en-botter-verpligtinge voor die repeat van verlede seisoen se MTN8-eindstryd vergeet.

City pak weer SuperSport United – wat hulle laas seisoen met 4-2 met penalties geklop het – in dié seisoen se MTN8-eindstryd.

Boonop word die eindstryd ook weer in Durban se Moses Mabhida-stadion gespeel.

Weerlig kan vir ’n tweede keer vir die Kapenaars slaan, aangesien SuperSport beslis ’n cup team is en hy weet hoe om sukses te vermag.

Dis waarom City se vertroue en gees met die aanloop tot die wedstryd hemelhoog behoort te wees. Sien, daar is beslis geen beter medikasie vir ’n span wat ’n cup final pak as dié van unity en honger vir sukses nie. Maar dit spruit natuurlik uit vertroue ook.

Mondvol

Boonop is daar geen beter kans vir McCarthy as om vertroue te kry deur eers die Soweto-duo, Kaizer Chiefs (Saterdag in die Kaap) en Orlando Pirates (19 September, weg) te laat klippe kou vir hulle liga-verplig­tinge nie.

McCarthy het beslis ’n mondvol oor hul kanse te sê gehad by die bekendmaking van die venue vir die final, maar hy moet ook die nodige balans kry.

Soms is dinge beter left unsaid, soos die Engelsman sê. Want hoe meer jy te sê het, hoe dieper grawe jy die gat vir jouself.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters